top of page

Tariffs / Tariewe

There are no standardised fees amongst specialists and each specialist has their own tariffs. Below are the tariffs as structured specifically for Dr. JG Vorster. Accounts are managed by an external bureau - PracPay - and all communications related to your account must be directed to them. (Contact information on the "Contact Us" page).

Daar bestaan geen gestandardiseerde fooie onder spesialiste nie en elke spesialis het hul eie tariewe. Hieronder is die tariewe soos dit gestruktureer is spesifiek vir Dr. JG Vorster. Rekeninge word deur 'n eksterne buro bestuur - PracPay - en alle kommunikasie verwant aan u rekening moet aan hulle gerig word. (Kontak besonderhede op die "Kontak Ons" blad).

Contracts / Kontrakte

Dr. Vorster has contracts with the following medical schemes / Dr. Vorster het kontrakte met die volgende mediese skemas:

  • Discovery Health

  • GEMS

  • FedHealth

  • Bankmed

  • Bestmed

  • Health Squared

  • Momentum

  • MMI

  • Bonitas (Pending/Hangend)

Where a contract is in force the scheme tariff will be claimed and no copayment will be due from the member - for procedures/modifiers covered by the scheme. Fees claimed for any procedures/modifiers not covered by the scheme will remain as a balance on the account - due by the member.

Waar 'n kontrak van krag is sal die skema tarief geëis word en daar sal nie 'n bybetaling verskuldig wees vanaf die lid nie - vir prosedures/modifiseerders wat deur die skema gedek word. Fooie wat geëis word vir enige prosedures/ modifiseerders wat nie deur die skema gedek word nie sal as 'n balans op die rekening wees - betaalbaar deur die lid.

Tariff policy / Tarief beleid

​Please take note of the following information relating to private accounts and medical scheme claims outside of a contractual agreement:

  • The tariff notch at which fees will be claimed outside of a contractual agreement will be standardised at Discovery Classic tariffs. ​

  • Discount on the balance due by the member may be requested on accounts, provided the account is settled in full within 30 days - the percentage or amount discounted will be at the discretion of Dr. Vorster.

  • Copayments may be capped or waived in full on accounts in the following circumstances:​​

    • Pensioners (older than 65 years)​.

    • Cancer associated care/anaesthesia.

    • Prolonged Intensive Care Unit admission (>3 days).

    • Follow-up surgical cases (within 14 days of initial surgery).

    • Patients suffering debilitating syndromes/diseases (eg. end-stage renal failure, severe cardiac failure etc.)

  • Prescribed Minimum Benefit (PMB) claims will be requested from the scheme. If the claim is denied and the regular scheme payment is less than the above mentioned standard tariff, with no contract between the scheme and Dr. Vorster, the balance on the account will be due by the member.

  • Errors in the account processing may occur despite meticulous processing. If you suspect your account is erroneous kindly contact us as soon as possible to have the account reviewed and corrected if needed. (Please see contact information page).

  • A cost estimate may be requested prior to the provision of any clinical services. Please submit this requests at least 2 working days before the scheduled date of surgery. The final account may differ from this estimate, depending on the anaesthetic time, additional procedures etc. 

Neem asb. kennis van die volgende inligting met betrekking tot privaat rekeninge en mediese skema eise buite 'n kontraktuele ooreenkoms:

  • Die tariefkerf waarvolgens fooie geëis sal word buite 'n kontraktuele ooreenkoms sal gestandardiseer wees teen Discovery Classic tariewe.

  • Afslag mag versoek word op die balans van die rekening wat deur die lid verskuldig is, mits die rekening te volle betaal word binne 30 dae - die persentasie of bedrag wat toegestaan word is volgens die diskresie van Dr. Vorster.

  • Bybetalings op rekeninge kan beperk of geheel afgeskryf word in die volgende omstandighede:

    • Pensionarisse (ouer as 65 jaar).​

    • Kanker geassosieerde sorg/narkose.

    • Verlengde Intensiewe Sorg Eenheid toelating (>3 dae).

    • Opvolg chirurgiese gevalle (binne 14 dae van die aanvanklike chirurgie).

    • Pasiënte wat ly aan aftakelende sindrome/siektes (bv. eind-stadium nierversaking, ernstige hartversaking ens.)

  • "Prescribed Minimum Benefit" (PMB) eise sal versoek word vanaf die skema. Indien die eis afgekeur word en die gereelde skema betaling is minder as die bogenoemde standaard tarief, met geen kontrak tussen die skema en Dr. Vorster nie, sal die balans van die rekening betaalbaar wees deur die lid.

  • Ten spyte van noukeurige verwerking van rekeninge kan foute plaasvind. Indien u vermoed dat u rekening foutief is moet u ons asb. so gou moontlik kontak om die rekening te hersien en te korrigeer indien nodig. (Sien asb die kontakbesonderhede blad).

  • 'n Kosteberaming mag aangevra word voor die lewering van enige kliniese dienste. Versoeke moet asb. gerig word minstens 2 werksdae voor die geskeduleerde datum van chirurgie.

  • Die finale rekening mag verskil van hierdie beraming, afhangende van die narkose tyd, addisionele prosedures ens.

Payments / Betalings

IMG_8476_edited_edited_edited.jpg

Accounts may be settled as follow:

  • Electronic Funds Transfer (EFT)

  • Bank deposit

  • Cash

  • Card payment

Unfortunately cheques will not be accepted. Please reference your account number (JGVXXX) when making payments.

Rekeninge kan as volg vereffen word:

  • Elektroniese Oorplasing ("EFT")

  • Bank deposito

  • Kontant

  • Kaartbetaling

Ongelukkig sal tjeks nie aanvaar word nie. Verskaf asb. u rekeningnommer (JGVXXX) as verwysing wanneer u betalings maak.

Banking details / Bankbesonderhede:

Dr. JG Vorster

FNB Cheque/Tjek

No/ Nr.: 623 282 688 43

Branch/Tak: 250 655

Cash and Card / Kontant en kaart:

Payable at Dr. Pelser and Associates offices /

Betaalbaar by Dr. Pelser en Assosiate kantore:

4 Philip Gerber Crescent

Wilkoppies

2571 

bottom of page